De Beer-Stamlyn in Suid Afrika en vertaking in Kanada:Information about Matthys Andries de Beer
Matthys Andries de Beer (d. 1730)
Notes for Matthys Andries de Beer:
Matthys Andries de Beer het in 1698 in diens van die Nederlandse Oos-Indiese
Kompanjie in die Kaap aangekom, onder voorwaarde dat hy vyf jaar diens moes
doen as soldaat. Sy naam verskyn die eerste keer in die lys van "Militairen" van
1699, en volgens die boeke van die Kompanjie het hy van Lubeck in Laer Sakse
gekom waar Platduits die spreektaal was.
Toe Matthys in Tafelbaai aangekom het, was die Kaap 'n klein p1ekkie met
Heerengracht (die huidige Adderleystraat) en Keysersgracht (die huidige
Darlingstraat) die vernaamste strate. Die hele bevolking het uit sowat 'n duisend
rnense bestaan. Op die lande was wingerdstokke geplant, en die wyn wat van die
druiwe gepars is, is aan verbygaande skepe verkoop.
Wanneer 'n skip in die hawe aangekom het, het die boere dorp toe gekom om hulle
produkte aan die skepe te verkoop, en om porseleinware en sy van die Ooste en
Nederland af te koop.
Op 23 Januarie 1699 het 'n belangrike gebeurtenis in die Kaap plaasgevind toe
goewerneur Simon van der Stel se seun Willem Adriaan tydens 'n serernonie op 11
Februarie 1699 sy vader opgevolg het as goewerneur.
Met toestemming van die Kompanjie het Matthys van 10 Augustus 1702 tot 31
Mei 1703 as skrynwerker by Andreas Finger gewerk vir dertien guldens
(Nederlandse geldeenheid gelyk aan 100 Nederlandse sente) per maand. Sy
werkgewer moes "spys en drank" en huisvesting verskaf. Matthys was egter nog
onder verpligting by die Kompanjie en as 'n noodtoestand sou ontstaan, kon hy
opgeroep word vir diens.
'n Stukkie grond van bietjie meer as twee hektaar met die naam Oranje, in die
distrik Drakenstein, is op 13 November 1703 deur die goewerneur aan Matthys
toegeken. Hiervandaan het 'n mens 'n pragtige uitsig gehad oor die area vanaf
Wellington tot by die begin van die Drakensteinvallei waardeur die Bergrivier
kronkel. Wilde diere was nog volop in hierdie gebied.
In 1705 het Matthys bugerreg van Stellenbosch ontvang en van toe af was hv vry
om 'n betrekking op te neem of sy eie onderneming te begin. Van die verpligting
om diens in die burgermag te doen en belasting te betaal, was hy egter nie
vrygestel nie.
Burgers wat hulle eie ambag wou ontwikkel of 'n onderneming begin. het uit
verskeie bronne geldelike hulp ontvang. So het Matthys wat die beroep van
wamaker beoefen het op 24 September 1705 'n lening van 150 gulde van
heemraadslid Pieter van der Bijl ontvang. en later ook 'n lening van 200 gulde van
die trustees van die "Diaconie van Stellenbosch".
Die wamakers het verskeie binnelandse houtsoorte gebruik. Die vellings is van
rooi-els of wildesering gemaak, terwyl assegaaihout vir die speke en die sagter
hout van die waboom vir briekblokke gebruik is.
In 'nverwysing na "vry-wagenmaker" M A de Beer, gedateer 29 September 1705,
word melding gemaak van toestemming wat gegee is vir twee vragte
"wagenmakershout" wat by Jan de Jonkershoek gekap kon word. 'n Soortgelyke
permit is op 13 Februarie 1706 aan Matthys toegestaan vir drie vragte timmerhout
en twee vragte wamakershout.
Matthys het op bierdie tydstip van sy lewe waarskynlik selfstandig gevoel en
daaraan begin dink om te trou.
More About Matthys Andries de Beer and Hilletjie Smit:
Marriage: 24 October 1705, Stellenbosch.
Marriage Notes for Matthys Andries de Beer and Hilletjie Smit:
Volgens 'n inskrywing in die huweliksregister van die gemeente Stellenbosch is Matthys op 24 Qktober 1705 getroud met Hilletje Smit, dogter van Jan en Adriana Smit wat in 1687 van Maastrich. Nederland, na die Kaap gekom het.
In 1685 het goewerneur Simon van der Stel besluit om 'n dorpie in die Eersteriviervallei aan te lê en dit na homself te noem: Stellenbosch. 'n Aantal jare daarna is 'n klompie nedersettinghuise hier gebou vir mense wat 'n diens aan die gemeenskap gelewer het, soos ambagsmanne, die predikant, onderwysers, ens. Matthys en Hilletje het op 23 November 1705 toestemming gekry om in een van hierdie huise te gaan woon. Die huurgeld was 27 riksdaalders (ongeveer R10-80) per maand. Matthys en sy jong bruidjie (15 of 16 jaar oud) het tot 1707 in die huis gebly.
Die jaar wat Matthys en Hilletje getroud is, het daar beroeringe in die gemeenskap ontstaan deurdat die mense ontevrede was met hulle goewerneur, Willem Adriaan van der Stel. Onder leiding van Adam Tas het die mense die goewerneur teengegaan. Toe die konflik sy hoogtepunt bereik het, het Van der Stel offisiere van Stellenbosch en Drakenstein se burgermag ontslaan en hulle deur ander vervang. Dis toe dat Matthys op 6 Qktober 1706 aangestel is as korporaal van Stellenbosch se infanterie.
Die aanstelling as korporaal (veldkornet) was 'n ereposisie en was onbetaald. Matthys is deur die "Landdrost en Heemraden" gekies weens sy gedrag en integriteit. Hy was verantwoordelik vir wet en orde in die gebied en het verskillende pligte gehad. Al voordeel wat hy daaruit gekry het, was dat hy vrygestel was van belasting.
Volgens die sensusrekords het die De Beers gedurende 1708-1709 in Drakenstein gebly. HuIle is in 1710 terug na Stellenbosch waar 'n vernietigende brand op 17 Desember uitgebreek en die grootste deel van die dorp verwoes het. Kort daarna het hulle nog 'n ramp beleef toe 'n pokke-epidemie uitgebreek het waarin omtrent 'n kwart van die mense uitgewis is. Matthys en Hilletje het 'n seuntjie Samuel (2 jaar oud) en 'n dogtertjie Helena (3 jaar oud) aan die dood afgestaan.
Op 21 November 1718 het die "Raad van Landdrost en Heemraden" 'n bedrag geld aan Matthys betaal vir 'n voetbrug van hout wat hy oor "Botmasdrift" op die plaas Welgevallen gebou het.
Argiefstukke toon dat Matthys gedurende 1723 en 1724 op 'n plek was met 9000 wingerdstokke. Aangesien plaasname nie in die vroeë belastingopgawes
aangegee wordnie is dit nie bekend of hulle op sy "plasie" Oranje was nie. Hierdie stukkie grond het Matthys op 28 September 1724 aan J Roux verkoop.
Matthys is in 1730 oorlede. Hy het sy vrou en sewe kinders tussen die ouderdomme van sestien jaar en een jaar nagelaat. Hy was vermoedelik ongeveer 56 jaar oud. Van toe af moes Hilletje alleen die verantwoordelikhede van die gesin dra.
Die kinders se peetouers was hoofsaaklik lede van die Smit-familie en hulle vriende, byvoorbeeld Andreas Krüge1 en Maria Ras wat in die Paarl geboer het en Jürgen Hanekom van Natte-vallei.
Mettertyd is die seuns en dogters getroud en het hulle eie huishoudings begin. Die seuns het toesighouers op plase geword. Hilletje het in die jare blykbaar by haar seun Zacharias en sy gesin ingewoon.
Toe HiIletje 60 jaar oud was, is die "huis, erf en tuinland" in Ryneveldstraat, Stellenbosch, aan haar toegeken op 12 Oktober 1750. Die kleremaker Johann Zorn het langs haar gewoon tot 1754. Sy vrou is in 1755 oorlede, en twee jaar later is hy met Hilletje getroud. HuIle het in Ryneveldstraat, Stellenbosch, gewoon tot Hilletje se dood op 16 Desember 1759 toe sy 69jaar oud was.
Children of Matthys Andries de Beer and Hilletjie Smit are:
- +Matthys de Beer, b. 08 June 1721, Stellenbosch, d. 16 July 1784.
- Helena de Beer, b. 1710.
- Samuel de Beer, b. 1711.
- Samuel de Beer, b. 1714.
- Maria Elizabeth de Beer, b. 1716.
- Zacharias de Beer, b. 1719.
- Hilletjie de Beer, b. 1724.
- Johanna Adriana de Beer, b. 1727.
- Johannes Jurgen de Beer, b. 1729.