Vlok Familie in Suid-Afrika
Updated April 2, 2007
|
|
Everhardus
Petrus
Vlok
8 Pres Swart Street Panorama Parow,
WC
7500
South Africa
27219395025 Fax: 27219306344 vlokprop@mweb.co.za
|
Edit Your Page |
|
My suster, Ena (Gebore 1921) het ongeveer in 1993 begin met 'n portret stamboom van my Oupa,Adriaan Johannes (1865 tot 1936) & my ouma, Maria Johanna Jacoba Nel, gebore Vlok (1885) & hulle kinders.
Sy het basies met hulle nasate gewerk & ook die lyn vasgestel na ons stamvader Arnoldus Vlok (1670 tot 1824) van "Erften in Keulsland", d.i. Kerpen-Erft of Bedburg-Erft, Duitsland (ander bron sê Erft, Keulen). Hy kom na die Kaap as smid in die H.O.I.K. In 1702 word hy na Mauritius verplaas maar was in 1708 terug as burger aan die Kaap.
Op 14 Desember 1716 trou hy met Catharina Cleef dogter van Nikolaus Cleef van Groszsalze & Barbara le Fèbre van Fleurbaix. Hulle het drie kinders, Christina (gedoop 27.2.1718), Nicolaas (gedoop 14.4.1720) & Hermanus (gedoop 4.4.1723).
Hiervandaan is al die Vlok nasate van Nicolaas wat op 15 Februarie 1739 met Christina Maasdorp getroud is. Hulle het op Stellenbosch gewoon.
Ongeveer 1995 het ek begin om my suster se informasie op rekenaar te plaas. Gedurende 1999 het ek heelwat inligting gekry en het toe ook oorgeskakel na Family Tree Maker.
|
|
|
|
|
|
| |
|
|
- Vlok Familie Toonseplaas, Sutherland, Suid-Afrika (49 KB)
Toonseplaas 1 Januarie 1924 (nou Matjiesrivier). Staande vlnr. Adriaan Johannes Vlok, Jacobus Adriaan Vlok, Arnoldus Christiaan Vlok, Abraham Vlok(Skoonseun), Abraham Keuler, Karel Vermeulen, Hendrik Brink, Sittende vlnr. Helena vd Merwe, Magdalena C de Jongh, Mieta Visser, Adriaan Johannes Vlok(Oupa), Murria Johannes Jacobus Vlok(Staande), Maria Johanna Jacoba Nel Vlok(Ouma), Hendrina C J Vlok, Maria J E Vlok, Johanna E L Vlok, Hester J Vlok, Salome Vlok, Mathelda M Vlok. Die kleinkinders word nie hier genoem.
- My Ouers en Hul Kinders (55 KB)
Hierdie foto is op Tulbagh in 1947 geneem.
Vlnr. Staande: Ena, Attie, De Jongh, Koos & Marius. Middel: Jacobus Adriaan (Koos) Vlok (Pa), Magdalena Catherina (Lily) De Jongh (Ma) & Delene. Voor: Arno, Evert & Erica (Noes)
- Arno Vlok (Arnoldus Christiaan) (50 KB)
Begrafnis van Arno Vlok - 25 Mei 2005
- De Jongh Vlok (Jacobus Mynhardus de Jongh) (47 KB)
Begrafnis van De Jongh Vlok - 14 Junie 2004
- Delene Mostert (Magdalena Catherina Vlok) (50 KB)
Begrafnis van Delene Mostert - 29 Maart 2006
|
| |
|
|
|
|
| |